donderdag 24 maart 2011

Ingrid Jonker -- Ek het gedink

= = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = =



* wikipedia
* vpro










Ek het gedink

Ek het gedink dat ek jou kon vergeet,
en in die sagte nag alleen kon slaap,
maar in my eenvoud het ek nie geweet
dat ek met elke windvlaag sou ontwaak:

Dat ek die ligte trilling van jou hand
weer oor my sluimerende hals sou voel …
Ek het gedink die vuur wat in my brand
het soos die wit boog van die starre afgekoel.

Nou weet ek is ons lewens soos ’n lied
waarin die smarttoon van ons skeiding klink
en alle vreugde terugvloei in verdriet
en eind’lik in ons eensaamheid versink.


Ingrid Jonker (1933-1965)






= = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = = =
Abonnees van Laurens Jz. Coster ontvangen iedere dag een gedicht per mail.
Aan- en afmelden: http://lists.freeteam.nl/mailman/listinfo/coster-l

Geen opmerkingen:

Een reactie posten